Tuis

Ultimate Responsive Image Slider Plugin Powered By Weblizar

Aanhouwen is ‘n werk- en sorgsentrum vir verstandelik en liggaamlik gestremde volwassenes in die Helderberg-kom. Dit is gestig is in 1987 met 4 lede. Sedertdien het dit gegroei tot ‘n onderhoubare organisasie met 65 lede tussen die ouderdomme van 18 ‘n 66 jaar, wat daagliks die sentrum besoek. Sowat 60% van die lede is vanuit minderbevoorregte gemeenskappe en word daagliks vervoer na en van Aanhouwen met behulp van Aanhouwen voertuie.

Ons waardes en beginsels is as volg:

  • Ons organisasie is gebaseer op Christelike beginsels en waardes.
  • Ons is besorg oor elke gestremde persoon en sy of haar individuele behoeftes.
  • Ons respekteer elke lid, personeellid, vrywilliger en begunstigde.
  • Deursigtigheid in alle bestuurs- en finansiële aangeleenthede.
  • Professionele en persoonlike diens.

Ons fokus areas:

  • Om gestremde volwassenes die geleentheid te gee om deel te neem in betekenisvolle aktiwiteite en te sosialiseer.
  • Deur die opleiding en die ontwikkeling van vaardighede, die geleentheid te skep om produktief te wees in die samelewing.
  • Om ‘n omgewing te skep waar hulle aanvaar word, en die kwaliteit van lewe verbeter kan word.
  • Om openbare bewustheid van die gestremde te skep.
  • Om die regte van gestremde persone te beskerm.

                  Loslitdag 2016

Stickers_R10each

JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING – 15 September 2016.  KLIEK HIER VIR MEER INLIGTING.

AANHOUWEN FAMILIE MARK  – 29 Oktober 2016.  KLIEK HIER VIR INSKRYWINGSVORMS

 

aktiwiteite subaru2 kalender myschool_card_front